KULTUUR

2019 was een van Laerskool Koo se beste jare wat Kultuur aanbetref. Ons wil baie dankie se vir al die mammas en pappas vir die aanry van die kinders na die Eistedfod en al die ondersteuning. Dan wil ons graag vir Juffrou Rosie en vir Juffrou Liesa bedank vir die kinders se afrigting! Julle bydrae is onmisbaar. Baie geluk aan die onderwysers en kinders met julle prestasies. Ons het hierdie jaar selfs die koerant gehaal met al die toekennings.

Ons was ook die enigste skool waarvan elke kind deelgeneem het.

 

Toekennings verower tydens Worcester Eistedfod:

Klavier:

8 x Dubbelgoud

6 x Goud

1 x Trofee

Sang:

5 x Dubbelgoud

4 x Goud

1 x Silwer

Voordrag:

8 x Dubbelgoud

20 X Goud

1 x Medalje

Al die Eer aan ons Vader in die Hemel vir al die talent

wat Hy vir ons kinders gegee het.

Halleluja!

logo123.jpg