Die 2019 Driekamp was ‘n reuse sukses!
Op 2 November het ons weer ons jaarlikse driekamp vir laerskool kinders gehou, maar hierdie jaar by ‘n splinternuwe venu, te danke aan Ian en Yvette Kotze.
Saterdagoggend voor die Bokke in die wêreldbeker eindstreid gespeel het, het ons kinders en kinders van ons buurdorpe sover soos Swellendam, Struisbaai, Bredasdorp, Robertson en De Doorns bymekaar gekom om ‘n bietjie hulle staal te wys in die water, op die fiets en te voet.
Daar was ‘n heerlike gees tussen ouers en kinders veral toe die Springbokke die wêreldbeker wen!
Dankie aan ons hoofborge, Laeveld Agrochem, Sportsmans Warehouse, Eddie Stemmet Bouers, Christine Laubsher properties en elke ander een wat ‘n bydrae gemaak het om die dag ‘n sukses te maak.
Volgende jaar maak ons weer so.