Karoo Poison

Laerskool Koo bied aan / Koo Primary School Presents

Karoo Poison MTB Gravel Race and Trail Run
Karoo Poison Bergfietsgruiswedren en Bergroetehardloop

Vir die gemeenskap is die voortbestaan van Laerskool Koo ‘n hoë prioriteit en geniet die skool ongelooflike ondersteuning van die dorp se inwoners.

Met slegs 35 leerders maak die skool baie staat op fondsinsamelings vir die voortbestaan van die skool, daarom het ons besluit om ‘n jaarlikse bergfietswedren aan te bied. Hierdie is geleë in die hartjie van die Klein Karoo, vandaar die naam “Karoo Poison”.

​Die wedren vind jaarliks in die Nougaspoort area plaas en begin en eindig by Leeuwenboschfontein gasteplaas.

For the community, the survival of Koo Primary School is a high priority and the school enjoys incredible support from the town’s residents.

With only 35 learners, the school relies heavily on fundraising for the school’s continued existence, which is why we decided to host an annual mountain bike race. This is located in the heart of the Klein Karoo, hence the name “Karoo Poison”.

The race takes place annually in the Nougaspoort area and starts and ends at Leeuwenboschfontein guest farm.


Bergfietse, gruisfietse en e-fietse is welkom om deel te neem. Verskeie roetes word aangebied: ‘n 125km Ultra-Maraton, ‘n 99km Maraton, ‘n 52km Halfmaraton, sowel as ‘n 28km Familierit. Vir die ywerige hardlopers is daar ‘n 12km Bergroetehardloop en vir die geesdriftige ondersteuners, ‘n prettige 5km Hardloop/Staproete. Die hele gesin kan ook deelneem aan die 2km Pret Kleurdraf/Stap-roete, dit is geskik vir alle ouderdomme. Ons bied ook ’n 2 km fun run/ride (‘pram friendly’) vir die jonger span. Bring jou 16-duim fietsie of kleiner en kom geniet die saamtrap – of trek jou vinnige tekkies aan en stap of draf lekker saam. Alle ouderdomme welkom!

Vir meer inligting, besoek asb. die registrasieblad.

Mountain bikes, gravel bikes, and e-bikes are welcome to participate. Various routes are offered: a 125km Ultra Marathon, a 99km Marathon, a 52km Half-marathon, as well as a 28km Family Ride. For the avid runners, there is a 12km Mountain Trail Run and for the spirited supporters, a fun 5km Run/Walk Route. The whole family can also take part in the 2km Fun Colour Run/Walk route, it is suitable for all ages. We also offer a 2 km fun run/ride (pram friendly) for the younger crowd. Bring your 16-inch bike or smaller and enjoy riding together – or lace up your sneakers and join us for a fun walk or jog. All ages welcome!


For more information, please visit the registration page.

Fantastiese Waterpunte!
Awesome Waterpoints!

Biertent en kosstalletjies beskikbaar.
Beer tent and food stalls available.

Gelukkige trekking na die pysuitdeling!
Lucky draw after the prize giving!

Bring die hele gesin!
Bring the whole family!

Inskrywings is beperk – registreer asb. so gou moontlik.
Die eerste 200 inskrywings ontvang ‘n “goody bag”!

Entries are limited – please register as soon as possible.
The first 200 entries receive a goodie bag
!

Kontak Ons / Contact Us

Rita +27 (0)82 444 4121
Louise + 27 (0)82 529 7252